Francois van Coke & Ryno Velvet bied aan: AANDE – Jou saamsing tune vir Desember!

Francois van Coke en Ryno Velvet sorg vir ‘n lekker somer saamsing lied wat reeds vas sit op repeat soos die strome loop.

“Aande” is die tweede enkelsnit naas “Victor Ludorum” wat Francois vrystel voordat sy vyfde vollengte solo album, DIE RUIMTE bekend gestel word op 20 Maart 2025.

Die musiekvideo vir hierdie nuwe treffer is ook nou uit!

LUISTER na “AANDE”:  https://ffm.to/aande

Aande is ‘n partytjielied en ‘n ode aan die nag terwyl ons die huidige stand van ons samelewing betreur,” vertel Francois van Coke.

Francois vertel waar “Aande” sy oorsprong gekry het:

“Ek ken vir Ryno Velvet al lank, maar ons het mekaar beter leer ken tydens ‘n toer na die UAE saam met Fokofpolisiekar in Mei hierdie jaar. Hy was my gunsteling toertjom. Op ‘n toerbus êrens in die woestyn het hy vir my die koor van ‘n song gesing. Hy het gedink dit pas nie regtig in as ‘n Ryno Velvet song nie, maar die koor het my dadelik hooked gehad. Binne die eerste luister het ek vir hom gesê ek soek daai tune. Ons het ‘n sessie saam met Richard Onraet (Die Gevaar) by Van Coke Studios gehad, die song bietjie herwerk en dit het “Aande” geword.

Ryno Velvet oor “Aande”:

Een van die mees verslawende songs wat my ore al ooit gehoor het.”

KYK “AANDE”: https://bit.ly/AandeVideo

“Aande” is by Lucky Rodrigo in Pretoria verfilm deur ETG Creative.

KOMPETISIE: Wen ‘n GRATIS akoestiese Francois van Coke vertoning!

 Wys ons jou AANDE!

Francois roep eienaars, bestuurders, kelners en kliënte van vermaaklikheidsplekke regoor die land om videos te plaas op sosiale media waar hulle die koor van AANDE saam sing terwyl julle yskoue shots Jägermeister geniet.

Om ‘n GRATIS akoestiese vertoning  te wen, moet mense Francois van Coke, Jägermeister en die vermaaklikheidsplek op sosiale media tag en hierdie hutsmerke gebruik: #aandefreeshow #JägermeisterSA #BestNights.

Inskrywings sluit 24 Januarie en die wenner word op 27 Januarie aangekondig.

Foto Krediet : AJ Howard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *