November is dié maand waar die jaar besig is om sy laaste asem uit te blaas; tog lê die laaste paar weke net te lank uitgestrek voor die Desember-vakansie aanbreek.
Dit is veral dié tyd van die jaar waarin ons dikwels ons oë na die berge opslaan, en biddend (soms desperaat, huilend) om hulp roep. Veral wanneer sommige van ons oor die feesseisoen alleen en vergete in ’n ouetehuis sit, of dalk alleen voel na ’n verpletterende skeiproses. Daar is dalk ook dié wat in ’n siekebed lê of die nuus moes aanhoor dat hul terminaal is; dat die einde naby is.
Dit is juis waarom die bekroonde gospelsanger Willie Joubert ook die bemoedigingslied Hy sal jou nooit verlaat nie, uitgereik het met die hoop om troos te bring.
Dit is ’n bedevaartslied met die doel om hoop te bring vir dié wat op moedverloor se vlakte beland het.
Genade en liefde is ook die boodskap wat Willie met dié snit aan die luisteraars wil oordra.
Dié snit is ligweg gegrond op Psalm 121, maar Willie het ook sy eie unieke interpretasie en verwerking na die snit gebring.
Enersyds, is dit irieke waaraan ons juis nou, in tye van oorloë, hemelhoë rentekoerse, armoede en depressie moet vasklou. Andersins is is dit ook ’n kragtige en opbeurende lied wat die hoop en oorwinning wat ons in geloof vind, vier.
Hy glo hy is net die boodskapper; die voertuig is waarmee hy die boodskap van Jesus Christus verkondig.
Die boodskap van Jesus liefde figureer ook sterk in die lirieke….”hou aan vas, hou aan glo. Jesus laat ons nooit alleen nie.”
Dié sanger en liriekskrywer al sowat drie dekades in die gospelmusiekbedryf doenig wat hy deur middel van prediking en musiek bedien.
Hy het in 1989 sy toetrede tot die Suid-Afrikaanse gospelmusiekmark gemaak met sy treffers, Nagmaalslied en Vergewe my , wat sterk met luisteraars geresoneer het.
Sedertdien het hy ook 22 solo-albums uitgereik waarvan een van die albums ook in 2001 met ’n SAMA-toekenning bekroon is.
Deur die jare het hy, deur middel van sy musiek diep spore getrap en soveel mense het ingrypende ervarrings deur sy bediening beleef. Getuienis van hoe Willie se kragtige getuienisboodskappe mense se lewens verander kan ook gereeld op sosialemediaplatforms gesien en gehoor word.
“Hoewel ek al verskeie kere vir my werk bekroon is het ek net een intense begeerte: Om God se koninkryk uit te bou deur die roeping waarmee die Here my toevertrou het,” vertel hy. “My hartsbegeerte is dat my musiek mense se harte en lewens aanraak en moet draai tot ’n lewende verhouding met God.”
Willie tree ook gereeld saam met ander kunstenaars op en het al sy veelsydige stem gevoeg by ander bekende name in die gospelmusiekmarks soos Jan de Wet, Dewald Gouws, Leon Ferreira en Rudi Muller.
Deur sy bediening het hy al ook die harte van mense in verskeie lande waar onder meer Amerika, Europa, Israel, Nieu-Seeland en Australië aangeraak.
Vir Willie is Hy sal jou nooit verlaat nie ’n sterk uitdrukking van opregte geloof en troos in Jesus Christus, en die belofte van ewige lewe. “Die snit, sê Willie dien ook as ’n bron van aanmoediging vir luisteraars wat moeilikhede in die gesig staar, en herinner hulle aan die uiteindelike oorwinning en ewige hoop wat deur geloof in Christus gebied word.’’
Willie is ook deurwinterde liriekskrywer, en dié snit is ’n getuienis vir sy meesterlike pen.
Hy sal jou nooit verlaat nie is ’n briljante gospelsnit wat tussen lofprysings- en lekkerluistermusiek draai. Dit is ’n snit wat ons net vir ’n oomblik gaan laat stil staan om na God se stem te luister. Die snit sal by luisteraars van alle ouderdomme byval vind.