Wat is jy bereid om vir die liefde te doen?
Die groep Zondagkraal is na ’n paar maande weer terug op radiospeellyste met hulle vierde enkelsnit, Even if, wat vreesloos delf in die soms immorele rigting waarin die liefde gestuur kan word.
Die snydende vrae oor die liefde figureer ook sterk in die lirieke: “… Will you cry if I ask you to, will you lie if I ask you to?
Op ’n manier herinner Even if, hoewel dit in ’n ander musiekgenre geplaas kan word, sterk aan die Meatloaf, I’d do anything for love (but I won’t do that.), se treffer uit die negentigerjare.
’n Mens kan tot so ver gaan om te sê dat die liefde vir die eerste keer vreesloos oopgeskryf word. Daar word ook na die afwykende en aweregse kant van die liefde gekyk.
“Die snit, sê Roelf Fritz, wat ook die liriekskrywer van die groep is, handel wel oor die liefde, maar dit handel oor soveel meer as net skoenlappers in die maag en die romantiese aspekte van liefde. Dit gaan oor al die aspekte; gaan ons saam deur dik en dun staat. In kort, sal jy bereid wees om saam met my deur die vuur te loop?”
Even if wyk af van hulle vorige snitte, soos Blom, Brandwag en Ongenoode seën wat dikwels Bybelse simobliek iewers by die lirieke ingewerk het. afwyk van hulle resep om Bybelse simboliek iewers by hulle lirieke in te werk nie.
Even if, wat ook hulle eerste Engelse snit is, neig meer na pop-rock waarop partytjiegangers ook kan skoffel.
Roelf sê: “Die liefdesnit kry ook die mense op die dansbaan. Dit is ’n langarmsnit en is al ’n gunsteling op troues.”
Met hul vorige snitte het het hulle ’n nuwe groep luisteraars, onder andere, in die plaas- en landelikegemeenskappe, ontwapen met hulle stork rockgedrewe klanke en eerlike lirieke.
Die groep, wat bestaan uit Roelf en Hannes Eloff, het verlede jaar die Afrikaanse musiekmark met luide fanfare binnegeval. Ongelukkig hou hulle onderskeie plaasprojekte – beide Roelf en Hannes is boere in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga – hulle besig en vertonings is so skaars soos reën in die versengende hitte.
Maar hulle is baie bedrywig op sosialemedia en dít is ook waar musiekliefhebbers hulle eiesoorte musiek ontdek het.
Iemand het al na hulle verwys as ongemaskerde musieksmaakmakers wat ons orals op sosiale media kan sien en hoor, maar van wie ons nie foto’s kan neem of handtekeninge vra nie – dit kan moontlik ook die rede vir hulle ongehoorde sukses wees.
Die trefkrag van Even If van die snit lê in die eerlikheid, treffende klank (dit is ’n netjiese verpakking waar rock en pop mekaar omarm), en dan ook natuurlik Hannes se suiwer vokale vertolking van die lirieke.
Hannes en Roelf het op die naam Zondagkraal besluit, want eerstens beteken die woord “dag van rus” en tweedens simboliseer dit hulle diep geloof in die Here. Kraal beteken weer “plaas” – ’n plek waar hulle bly en werk; lag en huil.
Dié twee musiek-indoenas is almal plaasmense en hulle grootste droom is om eendag hulle eie grond te besit. Die naam sal dan ook Zondagkraal wees.
Met Even If gaan hulle ook weer ’n nuwe groep lusiteraars bereik: Die skoffelgenerasie wat by beide musiek en liriek aanklank vind.