Leon Shaw – Don’t blame it on the moon

Die meestermusikant, sanger en liedjieskrywer, Leon Shaw, is weer terug op die radiospeellyste met sy jongste enkelsnit, Don’t blame it on the moon, waarin melodieë versmelt met ’n mengelmoes van fusieklanke, jazz en rock.

Die eindresultaat is ’n laat Sondagmiddag-luiluisterliedjie waar jy heel moontlik soos die gesoute fiktiewe alleenloper Bridget Jones gaan laat optree; vyftien sigarette rook, drie liter wyn uitdrink en vier sjokoladeplakke opkou…

En dan natuurlik nie jouself of vir Mark Darcy vir die giftige verhouding waarin julle jare lank betrokke was, blameer nie, maar die maan. Ja, die man op die maan wat soos die spreekwoordelike sondebok alles op sy skouers dra.

Deronthalwe, word die maan ’n metafoor van skuld, van woede en trane. As die “hekseuur” (Leon verwys daarna as die witching hour) aanbreek, en die alleenheid soos ’n moskombers oor jou skouers hang, kyk jy op na die maan; skreeuend, gillend die liefdes-haat verhouding uit.

Don’t blame it on the moon was ’n gesamentlike skryfpoging van Leon en Nic Pasifakus wat lank deel was van die legendariese groep, The Diamand Dogs. Die liedjie”, sê Shaun, handel oor die algemene stryd tussen mans en vroue en wat die moderne lewe op ’n verhouding kan plaas. Dit herinner ons om na binne te kyk en deel van die verantwoordelikheid te dra, eerder as om alles en almal rondom ons te blameer.’’

Leon was voorheen betrokke as ‘n sanger en ‘n dromspeler by verskillende groepe, maar hy is beter bekend as dié Leon van Mean MR Mustard waarvan hy vir nege jaar deel was. Sy musiekpaaie het ook met die van die Alter Irving Band en was betrokke by verskeie van hulle toptreffers soos Chained to the Wind, Jolene en Tightrope.

Hy het ook sy verhoogdebuut saam met plaaslike groepe soos Cinema, Ed Jordan, Dr Victor en die Rasta Rebels gemaak en het ook die verhoog met internasionale kunstenaars Jascha Righter van Michael Learns to Rock.

Dit is ook nie waar dit eindig nie; hy het openingsoptredes vir onder meer e bekende internasionale kunstenaars soos Westlife, Bryan Adams, en Michael Bolton gedoen.

Shaun en Nic kan met woorde toor. Blame it on the moon is soos ’n smorgasbord van musiekhappies; proe-stukkies jazz, tonggladde lirieke en sagte rock wat van dié snit uiters geslaag maak.


In Leon se eie woorde: Geniet die liedjie en mag God jou seën.’’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *