4 Eva Young Band  – Afrikaanse Tydlose Treffers 

Dit is nou al bykans vier jaar sedert 4 Eva Young Band, wat toe amptelik dié jongste groep in die land was, hul toetrede tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het, met Sunny Day. ’n Snit wat uitstekend op plaaslike en nasionale radiostasies gevaar het. Die enkelsnit is vergelyk met ’n warm sonnetjie wat op ’n wintersdag skyn en die kinders het bykans onmiddellik “Walt Disney-kanaal status” in hul onderskeie omgewings en skole gekry. 

Kort daarna is hul Afrikaanse enkelsnit, Ek is net ’n kind, uitgereik. Dit was pure borrelgom kinderplesier waarvan kinders (en wel, hul ouers gehou het).

Toe het hulle stemme ’n bietjie stilgeraak. Dit was skool en sport en kultuur en speel…

Nou is Caitie Rock en Johan van Rooyen beide 14. Zandri Bezuidenhout het ook al twaalf geword, en die nuuste lid Kosie Beukes is 17, terug met hul jongste enkelsnit, wat hulle sommer Afrikaanse Tydlose Treffers, noem. Ditis ’n smorgasbord van die beste wat die tieners kan bied; dit beweeg tussen die dekades van die musiekbedryf rond, val tussen die spook van Uniondale en trek saam met die Byeboer vanuit Pelgrimsrus en sit saam met Sarie Marais by die walle van die Mooirivier.

Hoewel hul op ’n manier van “die dinge van kinders” ontslae geraak het (Johan vang nou nie meer letterlik slange nie), skep dié groep steeds ’n op-en-wakker gevoel. Hulle stem het ook gegroei, meer volwasse geword, maar hul boet geen musikale kwaliteit in nie.

In kort, die snit bring ode aan van Anton Goosen se grootste treffers. ’n Samevoeging van lirieke en musiek wat naatloos tussen die verskillende musikale oorgange spring.

Anton sou ook sommer baie trots gewees het op dié opname van sy  bekende liedjies.

Die rede waarom hulle besluit het om ’n medley van Anton se liedjies te maak: “Ons is seker sy grootste fans,’’ koor hulle.

Dit is ook plesierig om te weet dat ons jeug nie van ons ou Afrikaanse musiek vergeet het nie, en steeds daarin slaag om dit kontemporêr en vars aan te bied. Hulle noem daarom juis ook die medley Afrikaanse Tydlose Treffers, want ’n mens kan nooit aan Anton se musiek nie in enige tydgleuf plaas nie. Dit spreek steeds tot die siel en vertel stories wat nou nog in geskiedenisboeke en koerantargiewe bewaar word. 

Ruben Herbst, die groep se baskiktaarspeler het die groep verlaat en is deur Kosie Beukes vervang. Hy is nou ook amptelik die “oudste lid“ van die groep. Kosie het al voorheen bekendheid verwerf as die jongste musikant in ons land wat meer as veertien musiekinstrumente kan bespeel; al die kitare, klaiver, banjo, trekklariver, orrel, mandolien, tromme, ukulele, mondfluitjie, melodika.

Maar dit is veral Kosie se vermoë om die konsertina te laat huil en jil wat hom gewild gemaak het. 

Caitieen Johan is die voorsangers van die groep. Beide sangers se stemme het nou ’n meer volwasse kwaliteit bereik. Johan speel ook die kitaar en Zandri slaan die dromme (tromme) amper net so goed soos  ons eie Ghapi.

Afrikaanse Tydlose Treffers is ’n bewys dat die kinders nou tieners geword het. Dat dinge van ’n kind, die dinge van ’n tiener geword het. Ons sien uit na wat nog op hul musikale pad vir hulle wag. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *