Nuwe boek oor vaderskap geskryf met skreiende eerlikheid

Hoe oorkom ‘n mens fisiese mishandeling? Nog te meer as dit aan die hand is van die persoon wie jy die
meeste vertrou? Soveel volwassenes leef saam met die uitwerking van kindermishandeling sonder om agter te kom hoe hulle huidige gedrag deur hulle jeugdige ervarings gevorm is.


Min verhoudings is so kompleks as die van ‘n vader en seun. Norman Clack praat op die man af
hieroor in sy eerste boek. Hy spreek ‘n vaderlose generasie aan met die boeiende verhaal van sy eie
trauma as mishandelde kind.


Dit is die storie van die tekortkomings waarmee beide pa en seun kan identifiseer.


Dit is die ware verhaal van ‘n drama wat in meer huishoudings afspeel as wat ons wil erken. Norman vertel met opregte openhartigheid hoe sy eie soeke na ‘n vaderfiguur eers na pyn en chaos gelei het, maar uiteindelik op versoening en genesing uitgeloop het. Die leser sal sien hoe selfs ons grootste foute, voorbedag of nie, nie fataal hoef te wees nie.


In die boek takel Norman komplekse kwessies waarmee mans daagliks worstel, soos:

  • Skande
  • Woede
  • Verslawing
  • Rassisme
  • Swak besluite
  • Soeke na ‘n vader
  • Seksualiteit
  • Behoefte aan waarde
    Norman het in die tagtigerjare in Suid-Afrika grootgeword en tuis die spit afgebyt aan
    hand van ‘n pa wat tydens apartheid ‘n polisie oKisier was. Teen hierdie agtergrond kon
    hy ‘n rassis en misdadiger geword het. In plaas daarvan is hy nou pastoor by ‘n
    gevestigde gemeente in die Wesrand, Gauteng, waar hy heelhartig die boodskap van
    vergifnis, versoening en liefde met almal om hom deel.
    Wat ander sê:
    “’n Boeiende narratief wat die onmisbare rol wat vaders in die vorming van hul seuns se
    lewens speel, pragtig illustreer. Hierdie boek is ‘n hartverskeurende herinnering aan die
    diepgaande impak van vaderlike leiding en liefde.”
    Rusty Labuschagne
    Spreker en outeur “Beating Chains”

    “Ten spyte van die diep wonde wat sy pa se optrede gelaat het, resoneer Norman se
    verhaal met ‘n diepgaande boodskap van veerkragtigheid en verlossing, wat ‘n baken
    van hoop bied te midde van die duisternis van mishandeling en trauma. Deur sy
    moedige verkenning van sy verlede konfronteer Norman nie net sy eie stryd nie, maar
    steek hy ook ‘n deernisvolle hand na ander uit en verlig ‘n pad na genesing en
    transformasie.”
    Jannie Pelser
    Emeritus Predikant NG Kerk, Radio-omroeper, Bekroonde opnamekunstenaar

    Meer oor die skrywer :
    Norman Clack is nie net die stigters- en senior leraar van Unveiled Church, Krugersdorp, nie, maar is ook dol oor motorfiets ry en musiekmaak saam met sy orkes Marikana. Hy is bekend vir die passievolle en humoristiese wyse waarop hy mense met sy boodskappe bemoedig – plaaslik en
    internasionaal. Hy is aan die hoof van Sons of Promise, ‘n beweging wat mans van alle agtergronde inspireer om lewens van integriteit, manlikheid en geestelikheid na te streef. Hy woon in die Wesrand, Gauteng, saam met sy vrou, Gerda en hulle drie kinders.
    Vind hom aanlyn:
    @norman.clack (Instagram)
    @geraldnormanclack (Facebook, TikTok)
    Bestel boeke by orders@normanandgerda.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *