RUN INTO WAVES

‘n Projek deur Laudo Liebenberg (aKING)

*Die eerste enkelsnit, “Alone at last” is nou uit.

Laudo Liebenberg van Run Into Waves

Run Into Waves is ‘n passieprojek met groot drome.

Run Into Waves is sanger, liedjieskrywer en akteur, Laudo Liebenberg (van die SAMA-bekroonde rockgroep, aKING) se nuwe Alt-Pop projek.

Die debuut 6-snit-kortspeler, Night Owls, word op 27 September deur Platoon vrygestel. Die eerste enkelsnit, “Alone at last” het reeds op Vrydag, 16 Augustus sy verskyning gemaak.

LUISTER na “Alone at last”: https://platoon.lnk.to/alone-at-last-run-into-waves

Fotograaf: Jaco S. Venter

“Dis  geskryf tydens die inperking-eensaamheid as ‘n hanteringsmeganisme om die gebrek aan beheer wat ons oor meeste dinge het, uit te druk. Misinformasie of waarhede wat jy nie kan vertrou nie – dit alles laat jou wonder oor die betekenis van die lewe en jou rol in dit,” vertel Laudo oor die eerste enkelsnit, “Alone at last”.

“The Wire” is die tweede enkelsnit vanaf Night Owls en word reeds op 6 September uitgereik.

Daar is baie opwinding rondom hierdie kortspeler, veral vir aKING-aanhangers.

Run Into Waves se EPK: RunIntoWavesEPK

Volg Run Into Waves:

Instagram: @runintowaves

Facebook: RunIntoWaves

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *