Die Kaapse sanger en musikant Murphy  pop-rock dié nuwe jaar behoorlik binne met ’n luister-kuier enkelsnit, Ek soek nogsteeds vir jou.

Die Kaapse sanger en musikant Murphy  pop-rock dié nuwe jaar behoorlik binne met ’n luister-kuier enkelsnit, Ek soek nogsteeds vir jou, wat gebroke skoolharte, onbevange vriendskappe en liefde wat nooit tot volwassenheid geblom het,  in die fynste besonderhede uitkerf.

Murphy, wat al langer as drie dekades in die musiekbedryf doenig is, het in 2022  sy eerste enkelsnit, Dans soos ’n kind, uitgereik. Dit was toe een van twaalf liedjies wat hy oor die volgende paar jaar sou uitreik. Nog drie enkelsnitte het kort daarna gevolg.

Murphy het sedert sy toetrede tot die Afrikaanse musiekmark homself onderskei as ’n  sanger wat met gemak tussen die verskillende musiekgenres kan beweeg – iets wat nie baie sangers kan regkry nie.

Sy snitte  Dans soos ’n kind  en Ons sal jou nie vergeet  het dieper emosies aangeraak en daarmee het hy ook ’n nuwe genre ontwikkel; droewige-rock.

Net toe ’n mens dink dat Murphy homself nou in die droewige-rock genre gevestig het, reik hy Vellies en Sokkies uit wat ’n loutere sokkieplesier is.

Sy vierde enkelsnit, Ek soek nogsteeds vir jou, verskil ook hemelsbreed van die eerste drie; dit beweeg so tussen pop en rock. Dit is ’n luisterliedjie waarop ’n mens ook in ’n kuierkroeg kan dans.

Die snit vertel die storie van ’n seun wat net nooit vir sy beste vriendin kon vertel dat hy eintlik baie van haar hou nie.

Die lirieke is bykans kinderlike eerlik…As ek vir jou ’n hartjie teken, weet jy wat dit beteken….maar die lirieke groei  so saam met die seuntjie wat ’n volwassene word en besef dat hy dáárdie hartjie vir haar moes teken, want nou het sy ’n ring aan die vinger.

Murphy het al voorheen verklap dat hy inspirasie vir sy liedjies p uit mense se stories, dinge wat rondom hom gebeur, en soms ook uit rolprente put.

Hy vertel dat die idee vir die snit uit ’n romantiese komedie gekom het. “Dit gebeur baie in die lewe dat ’n meisie en ’n seun beste vriende op skool is, maar nooit gedink het dat hulle ooit in ’n verhouding met mekaar kon wees nie. Ek het so ’n vriendin op laerskool gehad, maar ons paaie het mettertyd geskei omdat ek toe op iemand anders verlief was. “Aan die einde van die dag het ek nie een van hulle gekry nie.”

Murphy is ’n paar jaar gelede met  karpale tonnelsindroom gediagnoseer is, en kon vir ’n hele paar jaar nie die kitaarsnare pluk nie. Dié sindroom was soos ’n nagmerrie waarin hy daagliks vasgevang was; die simptome sluit onder meer pyn en gevoelloosheid in die duim, wysvinger, middelvinger en halwe ringvinger in.

Díé sindroom (en die nare ou Murphy – sy naamgenoot – se wet wat bepaal dat as iets moet verkeerd gaan, dit sal verkeerd gaan) het egter nie in sy musiekpad gestaan nie, en  sy eerste drie snitte is uitstekende deur die publiek en plaaslike radiostasies ontvang.

Met Ek soek nogsteeds vir jou  het sy pen  iets anders in die musiekbedryf losgekarring; ’n snit waana mens kan luister, maar wat ook jou voete aan die beweeg gaan kry.

Sy raad aan skaamverliefdes: “ Vat net ’n kans. Jou beste vriend of vriendin is dalk net jou sielsgenoot. As jy nie nou die spreekwoordelike bul by die horings pak nie, sal jy dalk die res van jou lewe wonder oor dáárdie persoon wat weggeglip het.”  

Murphy het die afgelope paar jaar vir hom ’n sterk luistermark oopgesing en sy ondersteuners geniet veral sy dreunende tenoorstem wat pasknap vir die lirieke is.

Ek soek nogsteeds vir jou  is deur Darryl de Lange (’n voormalige lid van Mean Mr. Mustard) van Musicology Studios opgeneem en vervaardig.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *