Fatman is een van daardie kunstenaars wat ’n natuurlike talent het om gehore te vermaak. Aanhangers kan net nie genoeg kry van sy musiek nie en hy spog met talle groot treffers soos Dorp Toe, Vuil Coke, Kamp Kommandant & O My Vy.
Tannie Katesbes, is geskryf deur Fatman & Roux Cloete. Daar word altyd liedjies geskryf oor lekker kuier en dans, so hierdie keer het hulle besluit om ‘n liedjie te skryf vir elke liewe Pa daarbuite met ‘n pragtige dogter.
“Elke Pa het natuurlik die vrees dat daar ‘n oukie vir sy dogter kom kuier, een wat nie jou goedkeuring wegdra nie en toe besluit ek ons moet ‘n liedjie skryf. Ek dink toe daar aan my pragtige 306 (Tannie Katesbes) sy sal daai laaitjie se kierangtjies laat braai as hy droog maak”
Die opname van die musiekvideo was n reuse sukses. Met tong-in-die-kies lirieke sal julle sien dat die musiekvideo ‘n kinkel op die einde het. Meer as dit kan ons nie weggee nie. Julle gaan maar self die video moet gaan kyk.
Fatman glo dat jy nooit te oud is om enigiets te doen nie en dat jy die lewe ten volle moet geniet en daarom het hy nog baie drome en planne vir die toekoms.
Luister na Tannie Katesbes – https://fatman.lnk.to/TannieKatesbes
Kyk Tannie Katesbes se musiekvideo – https://youtu.be/mnpwk38Z7Vo