Anrich stel debuut enkelsnit vry

Dit is vir ons ‘n groot eer om Anrich by ons familie te vervelkom en sy debuut enkelsnit met julle te deel. Van julle sal hom dalk herken as die hoofsanger van die groep Legkaart.

Anrich afkomstig van Durbanville in die Kaap het eers op die ouderdom van 19 begin sing en kitaar speel. Hy het eers fisioterapie studeer op Stellenbosch, maar musiek het ‘n baie groter liefde vir hom geword.

Ys & Kafeïen blaas ‘n nuwe vars klank in die Afrikaanse musiekbedryf in. Dit gaan oor iemand spesiaal wat vervelige dinge in jou lewe weer nuut laat voel & is geinspireer deur alledaagse ervarings.

“Ys & Kafeïen is ‘n hoë energie liedjie wat in ‘n mense se kop gaan vas sit en verseker op die dansvloer geniet gaan word. Dit was vir my so lekker om hierdie liedjie saam met Hugo Ludik en Nick Jordaan van Muse Studios te skryf. Ek skryf gereeld oor nostalgiese oomblikke in my lewe & hou daarvan om die emosie te gebruik van my beste herinneringe en liedjies daaroor te skryf.”

Luister Liedjie hier – https://Anrich.lnk.to/YsenKafeien

Die musiekvideo gaan oor ‘n vervelige jongman wat omskep word in ‘n rock-ster, nadat hy ingesuig word deur ‘n yskas wat ‘n hele partytjie vol aanhangers bevat wat wil hê hy moet vir hulle optree & sing. Die video is vervaardig deur Gerduan Kemp Photo & Film en verfilm in Pretoria en Potchefstroom.

Kyk musiekvideo hier – https://youtu.be/cU2cYLcs3d4?si=xidGcLmmBVxMMGBe

Anrich se gunsteling quote:

Music should make you laugh, cry, or think- Kenny Rogers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *