GrootJol Pretoria is oppad.

Nou kan die Pretorianers regmaak om te langarm onder die sterre, te smul by die kosstalletjies en hulle dors les op die maat van hulle gunsteling kunstenaars se treffermusiek.


Op Saterdag, 23 September kom van die land se grootste Afrikaanse kunstenaars soos Riaan Benadé, Appel, Ricus Nel, Bok van Blerk, Jay, Demi Lee Moore, Dodo Nyoka, Eloff, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Samantha Leonard by die Voortrekkermonument byeen om ʼn vertoning van ʼn leeftyd aan te bied.
Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar met 10% afslag sou jy oor Whatsapp deur die GrootChat koop – klik op dié skakel: https://bit.ly/GrootChat


Daar is verskeie lekker aanbiedinge vir feesgangers wat nie op hulself laat wag nie: Die eerste 1 000 kaartjies sal teen slegs R250 verkoop word.


Sodra dié aanbieding verstryk sal kaartjies sal teen R295 beskikbaar wees.


WEN
Koop kaartjies vir die Groot Jol in Pretoria op Saterdag, 23 September en staan die kans om ʼn eksklusiewe VIP-ervaring vir ʼn groep van 4 te wen by vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte. Dié ongelooflike pryspakket sluit in:

  • kaartjies na die Afrikaans is Groot-konsert by die SunBet Arena, Times Square in Menlyn, Pretoria
  • Agter-die-verhoog kuier saam met die kunstenaars
  • verblyf vir 4 mense, twee dubbelkamers, by City Lodge Lynnwood, met een ete ingesluit
  • word in styl opgetel en vervoer na die konsert
    Kom maak die GrootJol in Pretoria vol en wei die lenteseisoen behoorlik in terwyl jy een van die grootste buitelugfeestoere in die land beleef. Wanneer gaan jy weer die kans kry om saam met die land se grootste kunstenaars rugby te kyk?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *