Die Piesangskille stel debuutalbum vry

Die Piesangskille is een van die mees belowende jong opkomende groepe in ons land. Die groep bestaan uit Daniël Francios Marais & Johan Balt wat mekaar in Potchefstroom ontmoet het en waar hulle tans studeer.

Na die sukses van hulle eerste twee enkelsnitte Mal Maandagaande en Lyntjie stel Die Piesangskille vandag hulle debuutalbum, Almal Gly vry.

Vir Die Piesangskille is dit moeilik om die genre van hulle album te beskryf, juis omdat hulle liedjies ‘n heeltemal nuwe klank het.  Hulle spot deur om te sê dat dit Die Piesangskille genre is.

Die inspirasie agter die album het alles begin by Daniël se hart wat gebreek was na ‘n langtermyn verhouding. Die album bestaan uit elf oorspronklike liedjies uit die pen van die twee talentvolle manne, met mede-skrywers Roux Cloete en Johan Viljoen op van die liedjies.

Hoe hulle op die album naam Almal Gly besluit het kan gesien word as twee moontlikhede. Die eerste een is dat almal gly iewers in hulle lewens en als gaan nie altyd uitdraai soos jy gehoop het nie. Tweedens meer aan die snaakse kant is dat almal gly as hulle op ‘n piesangskil trap.

Hulle twee gunsteling liedjies op die album is Donker en Aeroplane. Vir Johan is dit Donker want hy het die meerderheid van die liedjie geskryf maar ook omdat hy ‘n baie moeilike kitaarsolo uitgewerk het vir die liedjie. Vir Daniël is dit Aeroplane net as gevolg van die lirieke.

Die grootste uitdaging vir hulle om die album te maak was om eg te bly aan hulle klank.

“Ons dink en hoop die publiek gaan die album goed ontvang want ons glo daar is baie mense wat al in sulke situasies was.”

Luister Album Hier – https://DiePiesangskille.lnk.to/AlmalGly

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Pen & Papier
  2. Vergeet My Nie
  3. Lyntjie
  4. Inge
  5. Mal Maandagaande
  6. Inge 2
  7. Pretoria
  8. Sy Bid
  9. Teenoorgestelde Balans
  10. Aeroplane
  11. Donker

Die Piesangskille se Motto is:

Moenie jouself te ernstig opvat nie en vergeet van wat mense van jou dink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *