Caitie is ‘n 12-jarige meisie van die Vaaldriehoek met ‘n groot passie vir sing, drama, fotografiese modelwerk, sport en natuurlik diere. Sy is ook een van die sangers in die 4 Eva Young Band, asook hoofmeisie van haar skool. Sy se jy moet nooit jou talente weg steek nie, dis ‘n Geskenk van God en moet gedeel word met ander.
Sy’t ‘n paar maande gelede aan ‘n liedjie begin skryf in die bad. Dis waar sy gewoonlik liedjies opmaak so almal in die huis weet gewoonlik wanneer Caitie bad.
Laas jaar het sy aan haar ouers die woorde gewys en hul gevra of sy kan liedjie skryf klasse neem.
Haar ma het die woorde aan die liedjie skrywer/vervaardiger Gino Lee gestuur waar hy haar gehelp het met die liedjie Carnival, die liedjie is ook vervaardig deur Gino Lee van River Road Records. “Carnival” is beskikbaar op alle digitale platforms en speel ook op verskeie radio stasies.
Hoekom die titel Carnival? Dit is een van Caitie se gunsteling plekke omdat sy ‘n “adrenalien junkie” is en sy gewoonlik op al die vinnige rides wil ry. Dis ‘n gelukkige plek vir oud en jonk waar jy omring word deur kleurvolle liggies, musiek, geluide van skaterlag, spookasem, en die lekker reuke van popcorn. Dis sommer net ‘n lekker energieke plek waar jy jouself kan geniet.
Die liedjie het eintlik ‘n baie dieper betekenis. “Al staan jy soms in lang rye vir ‘n kort ride” soos die liedjie lei, is dit als die moeite werd. Dis daai oomblik wat jy ontsnap van jou werklike lewe, eksamen stres en probleme. Die adrenalien laat jou net goed en positief voel en die gelag uit jou maag is net lekker.
Ons is almal net passasiers op die runaway train. Elkeen van ons het ‘n keuse waar ons in klim en sit. So is die lewe ook, elkeen van ons ervaar die reis anders, soms word ons rondgeskud en soms is die reis net te vinnig verby. Ons is so besig met ons allerdaagse dinge dat ons vergeet om bietjie te stop, rond te kyk en die “ride” te geniet.
Die trein hou vir ons elkeen op ‘n bepaalde dag stil, maak nie saak hoe oud jy is nie. So in kort wil ek net sê… Live Life and Enjoy the Ride!
Caitie het in 2020 gekwalifiseer om New York toe te gaan om by die IMTA deel te neem vir sang en drama maar as gevolg van covid en toe daarna ‘n hoofrol wat sy losgeslaan het as ANNIE in die musiek blyspel “Annie” wou sy nie die ondervinding in die musiek teater misloop nie. Sy glo practise makes perfect! ‘
Sy hou daarvan om ander kinders aan te moedig om hul drome na te jaag en te motiveer!
Sy en haar band 4 Eva Young se nuwe enkelsnit word volgende maand vrysgestel, Hul het laas jaar die voorreg gehad om by Aardklop te kon optree op die Kyknet vehoog. Hul het nog groot drome vir die jaar en is alreeds vir ‘n paar groot vertoning geboek. Tussen deur die sang deur kry Caitie ook Drama klas By Brumilda Van Rensburg en Izak Davel, sy was al verskeie kere ”geshort list” vir ‘n tv rol, maar sy glo die regte rol op die regte tyd.
Soos wat sy se in haar liedjie: I’m out here living my best life, en dis beslis wat die Vaaldriehoek meisie doen.
Link van die liedjie:
Instagram: @caitierock
Facebook: Caitie Rock
Foto Krediet : Willem Botha